Cannes voeg nog rolprente byApril 24, 2025
Die 78ste Cannes-filmfees het nog flieks by vanjaar se amptelike lys gevoeg. Dit sluit in Die, My Love met Jennifer Lawrence en Robert Pattinson, The Chronology of Water van Kristen Stewart, en Honey Don’t! van Ethan Coen. Hollywood lewer ʼn groot bydrae en het bevestig dat Tom Cruise se Mission: Impossible — The Final Reckoning die eerste keer by die fees vertoon word, terwyl Spike Lee se Highest 2 Lowest met Denzel Washington in die hoofrol ook te sien sal wees. Die Cannes-filmfees duur van 13 tot 24 Mei.