Amushelelo-vakbond ruk op 1 Mei op April 24, 2025
Die Namibia Retail & Allied Workers-vakbond sal op 1 Mei ‘n protes hou om die arbeidsministeriete versoek om die afskaffing van arbeidshuurmaatskappye te eis. Aktivis Michael Amushelelo, wat deel vorm van die vakbond se bestuur, sê dit is heeltemal onaanvaarbaar dat die praktyke van die koloniale tyd steeds in ‘n onafhanklike land voortduur. Hy sê die nuwe neiging is om werkers af te dank en van die maatskappye gebruik maak om hulle te vervang wat maksimum winste vir hulle bied omdat geen voordele betaal word nie. Hy meen dit is die oudste slawerny praktyk. Die protes begin om nege by die Katutura Jeugkompleks en protesgangers sal na die arbeidsministerie in Khomasdal opruk.