Styging van 4,7% in GBV per 1°C verwarmingApril 23, 2025
Teen 2090 sal klimaatsverandering verbind kan word met een uit tien gevalle van geslagsgeweld tussen lewensmaats. Dit is volgens ʼn verslag deur die Verenigde Nasies se Kollig-inisiatief. Die studie het bevind elke styging van een graad Celsius in die wêreldtemperatuur word verbind met ʼn styging van 4,7-persent in geweld tussen lewensmaats. In Afrika suid van die Sahara kan geweld tussen lewensmaats teen 2060 tot 140-miljoen verdriedubbel indien temperature met vier grade Celsius styg. Die VN sê indien klimaatskokke meer gereeld voorkom, sal geweld na verwagting drasties toeneem.