Oranje se vlakke styg, Ruacana vertoon goedApril 23, 2025
Sluise by die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdamme is steeds oop en 2 431 kubieke meter water word per sekonde vrygestel wat op pad is na die Oranjerivier. Die hidrologiese diens sê die watervlak by Blouputs in die benede Oranje is tans op 2,6 meter en op 3,5 meter by Sendelingsdrif. Dit is baie hoër as die 0,63 van verlede jaar. Intussen is die Zambezi by Katima op 5,1 meter en die Okavango by Rundu op 7,55 meter, albei baie hoër as verlede jaar. By Ruacana vloei die Kunenerivier op 980,2 kubiek per sekonde teenoor 247,5 verlede jaar.