Ompaaie in Etosha met opgradering van Okaukuejo-King Nehale roeteApril 23, 2025

Die opgradering van die gruispad vanaf Okaukuejo tot die King Nehale-hek in die Etosha Nasionale Park na ‘n lae volume teerpad het begin. Dit sluit ompaaie deur Halali via Namutoni in. Die eerste fase sal die eerste 20km vanaf Okaukuejo beslaan, vanaf vandag tot 30 November. Verkeer tussen Okaukuejo en Halali sal na die Gemsbokvlakte-pad herlei word vir voortgesette wild-besigtiging en die vervoer van goedere. Besoekers kan Okaukuejo steeds binnegaan deur die hek op die teerpad vanaf die parkingang. Die omgewingministerie vra dat alle padgebruikers die instruksies op padtekens volg en om streng by spoedbeperkings, parkreëls en regulasies te hou.