Nuwe staande komitee-hoofde aangewys  April 23, 2025

Die nuwe voorsitters en adjunkvoorsitter van die parlementêre staande komitees is verkies. Voormalige finansminister Ipumbu Shiimi is voorsitter van die Ekonomie en Nywerheid, Openbare Administrasie en Beplanning-komitee en Hilma Iita is adjunkvoorsitter. James Uerikua is die voorsitter van die Internasionale Betrekkinge, Verdediging en Veiligheid-komitee met Utaara Mootu as adjunkvoorsitter. Die voorsitter van die komitee vir Grondwetlike en Regsake en Versoekskrifte is Modestus Amutse, en Sirkka Ausiku die adjunkvoorsitter. Die Stedelike en Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming-komitee se voorsitter is Elifas Dingara en Clemencia Coetzee is adjunkvoorsitter. Dr Tobie Aupindi is voorsitter van die Natuurlike Hulpbronne-komitee met Tuuliki Abrahams as adjunkvoorsitter.