Net 7% van Namibiërs kan mediese dekking bekostigApril 23, 2025
Namfisa se jongste verslag dui aan dat net 7 persent, of, net minder as 220 000 Namibiërs kan mediese fondse bekostig. Dit sluit nie staatsamptenare in nie. Bydraes deur lede van mediese fondse het in die vierde kwartaal van 2024 met 0,3 persent gedaal na 1,5 miljard Namibiese dollar terwyl bydraes op ‘n jaargrondslag met 11,4 persent gestyg het. Die gemiddelde bydrae per begunstigde was net meer as 6 900 dollar die gemiddelde eise per begunstigde wat op 5 270 dollar staan. Daar is kommer oor die meerderheid ouer lede teenoor jonger werkers wat medies opneem.