Knopvelsiekte ook by Kamanjab bevestigApril 23, 2025
Knopvelsiekte is nou ook in die Kamanjab-distrik bevestig deur die Kamanjab Veeartsenydienste kantoor. Alle boere word aangemoedig om hul beeste teen die siekte in te ent, en na 21 dae by die kantoor aansoek te doen vir ‘n inentingsertifikaat. Die leë entstofbottels en die plaas se inentingsrekords moet as bewyse voorgelê word voordat die sertifikaat uitgereik sal word. Geen bewegingspermitte sal vir beeste uitgereik word sonder inentingsertifikate nie, ook nie na veilings nie. Veeartseny-beamptes sal by veilings die permitte kontroleer. Hervestigde en kommersiële boere wat nie inentings kan bekostig nie, moet die kantoor kontak.