Damme vertoon baie beter as in 2024April 23, 2025

Die land se damme vertoon uiters goed teenoor verlede jaar. NamWater se dambulletin dui dat Swakoppoort op 100,6 persent staan teenoor 36,8 verlede jaar. Von Bach is op 80,4 teenoor 11,5 in 2024. Omatako was laas jaar leeg en is nou op 78,6. Otjiverodam is 33 persent vol en die slikdam is 65,7 persent. Met die twee Viljoendamme is bronne vir die Ooste op 46 persent teenoor 3,2 persent in 2024. In die Suide is Hardap op 77,2 teenoor 12,3 verlede jaar. Neckartal is op 100,2 persent en Naute is 103,7 persent vol. Oanob by Rehoboth is op 77,8 persent teenoor 43,2 in 2024.