Bulle-loskopstut Nieuwoudt sluit by Cheetahs aanApril 23, 2025

Rugby: Die Cheetahs het Tielman Nieuwoudt in hul span verwelkom. Die sterk loskopstut, ‘n produk van Grey College in Bloemfontein, het sedert 2022 die Blou Bulle en die Bulle verteenwoordig en sal amptelik by die Cheetahs aansluit voor hierdie jaar se Curriebekerreeks wat in Julie begin. Nog goeie nuus vir die Cheetahs se getroue ondersteuners is dat die haker Vernon Paulo sy toekoms tot die span verbind het deur sy kontrak vir nog twee jaar te verleng.