Beroting is ‘business as usual’ April 23, 2025

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n analise van die huidige begroting gedoen. Volgens ekonoom Robin Sherbourne is die feit dat die begroting ter tafel gelê is slegs dae nadat die nuwe president ingesweer is en ‘n nuwe finansminister aangestel is, beteken daar was min tyd om radikale veranderinge aan te bring. Die begroting was dus baie ‘n “besigheid soos gewoonlik” begroting. Die gebrek aan dokumentasie en die swak gehalte van die dokumentasie wat beskikbaar is, dui daarop dat die begroting oorhaastig aangepak is. Maar, Sherbourne sê dit is seker nie ‘n slegte ding dat groot veranderinge nie in so ‘n gejaagde poging aangebring is nie.