Abbas moedig Hamas aan om gyselaars vry te laatApril 23, 2025
Die Palestynse president Mahmud Abbas het Hamas aangemoedig om alle gyselaars vry te laat, en gesê hulle gevangeskap gee Israel verskonings om die gebied aan te val. Minstens 18 mense is vandag in die Gaza-strook in Israeli-aanvalle dood, terwyl Duitsland, Frankryk en Brittanje Israel aangemoedig het om die blokkade op humanitêre hulp te beëindig. Israel het sy militêre veldtog op 18 Maart hervat. Dit het ’n einde gebring aan die wapenstilstand wat die vyandilikhede grootliks gestaak het en gelei het tot die vrylating van 33 gyselaars uit Gaza. Israel het ongeveer 1 800 Palestynse gevangenes vrygelaat.