Onderwys reageer op koshuisvoedseltenderApril 22, 2025
Die hoërhof het ‘n beslissing deur die hersieningspaneel dat die Verkrygingsraad die bodproses vir die koshuisvoedseltender weer moet begin, omgekeer. Dit kom na die onderwysministerie ‘n hersieningsaansoek gebring het nadat die paneel die verkrygingsproses gekanselleer het. Die hof het bevind dat die paneel se beslissing onwettig is en het die geldigheid van die ministerie se verkrygingsstappe bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Aina Shikesho, die onderwysministerie se hoof-openbare betrekkinge beampte.