Naute se sluise weer getrek, dam moet op 104% komApril 22, 2025
NamWater het die sluise van die Nautedam oopgetrek teen ‘n vloeitempo van 200 kubieke meter per sekonde wat geleidelik na 300 kubieke opgestoot sal word. Dit sal voortduur tot die dam op 104 persent gebring word. Die besluit is gemaak as gevolg van hidrologiese projeksies wat geen reënval in die volgende twee weke aandui nie en dus die teiken van 104 persent. Alle relevante belanghebbendes is in kennis gestel en voorsorgmaatreëls is getref vir ‘n veilige vrystelling.