NamPol soek nog na drie na roof van N$168 300April 22, 2025

Vier verdagtes is gearresteer na hulle na bewering Saterdagaand ‘n gewapende roof by Big Boss Casino in Mondesa in Swakopmund uitgevoer het. Sewe mans gewapen met pangas, messe en ‘n vuurwapen het die casino ingestorm en die kliënte beveel om op die grond te lê. Die mans het hulle slimfone gevat, die kasregister leeggemaak en twee dobbelmasjiene oopgesny, en weggekom met 168 300 Namibiese dollar in kontant. Sommige van die slimfone is teruggevind toe die vier verdagtes vasgetrek is. Die ander drie is nog op vrye voet maar hulle is bekend, en ‘n polisiesoektog is op tou gesit.