MVA betreur styging in padongelukke sover in 2025April 22, 2025

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het 810 padongelukke tussen 1 Januarie en 13 April vanjaar aangeteken. Dit het gelei tot 1 256 beserings en 130 sterftes. Dit is ‘n reuse-styging teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, toe 37 ongelukke, 126 beserings en agt sterftes aangemeld is. Die hoof korporatiewe beampte by die fonds, John Haufiku, is aan die woord.