Man vas vir lyslang se doodApril 22, 2025
Polisiebeamptes wat op ‘n klagte van huishoudelike geweld gereageer het, het ‘n geval van die jag van beskermde wild oopgevlek. Die 39-jarige verdagte het na bewering ‘n luislang met stokke en ‘n panga doodgemaak terwyl hy sy beeste naby Omutonda dorpie in die Oshikoto-streek in die woud opgepas het. Hy het dit nie aan die owerhede rapporteer nie. Die polisie is ontbied toe hy na bewering sy vrou aangerand het oor die luislang se vleis, maar hulle het net die vel gekry. Die verdagte sal vandag in die Ondangwa landdroshof verskyn.