IDF se ondersoek na skietdood van 15 hulpwerkers verwerpApril 22, 2025
Die VN se humanitêre agentskap, die Palestina Rooi Sekel-organisasie en die Gaza burgerlike verdedigingsdiens het die bevindinge van ‘n Israeliese militêre ondersoek na die dood van 15 Palestynse medici en reddingswerkers verwerp. Hulle is verlede maand in Rafah doodgeskiet en volgens die Israelse weermag was dit weens professionele mislukkings. Volgens die weermag het soldate gevuur op die humanitêre werkers wat in ambulanse en ‘n brandweerwa gereis het weens swak sigbaarheid. Die kantoor van die militêre advokaat-generaal kan nou verder optree, insluitend moontlike kriminele optrede teen die soldate, het die weermag gesê.