GIPF belê amper N$3 miljard in hernubare energieApril 22, 2025
Die Staatsinstellings Pensioenfonds, Namibië se grootste pensioenfonds, het volgens sy jaarverslag vir die boekjaar geëindig Maart 2024, ongeveer 2,7 miljard Namibiese dollar in hernubare energie-inisiatiewe regoor die land belê. Mining and Energy berig die fonds het bevestig dat die belegging ‘n totaal van 18 hernubare energieprojekte ondersteun wat in verskeie dorpe en streke geleë is, wat gesamentlik ‘n energie-uitset van 125,591 megawatt bydra. Die projekte vorm deel van GIPF se langtermynstrategie om volhoubare energie-ontwikkeling te bevorder in ooreenstemming met nasionale doelwitte om Namibië se energiebronne te diversifiseer en afhanklikheid van invoere te verminder.