Registreer vloed-slagoffers vir voedselhulp: NNNApril 21, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep op streeksraadslede en tradisionele leiers gedoen om dringend vloedslagoffers wie se mahangu-velde onder water is, vir voedselhulp te registreer. Die president was op ‘n besoek aan vloed-hervestigingskampe in die Ohangwena-streek, wat die swaarste deur die oorstromings getref is. Daar word tans 1 075 vloedslagoffers by ses hervestigingskampe in die streek gehuisves. Nandi-Ndaitwah het ook ‘n beroep op inwoners gedoen om te oorweeg om van vloedgevoelige gebiede na hoër grond te trek, om ‘n herhaling van die krisis te voorkom.