ReconAfrica brei Damara-vougordel werk uit na AngolaApril 21, 2025

Reconafrica het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken met Angola se Nasionale Olie, Gas and Biobrandstof Agentskap, ANPG, om gesamentlik olie- en gasvooruitsigte in die Etosha-Okavango-bekken in die suidooste van Angola te ondersoek. Die ooreenkoms komplementeer ReconAfrica se bestaande bedrywighede in Namibië. ANPG sal saamwerk met Reconafrica in die verkenning van ‘n blok van 5,2 miljoen hektaar-blok in die Damara-vougordel en Skeurbekken. Reconafrica berei ook voor om te begin boor op Prospect I in Namibië, 47 kilometer van die eksplorasie omgewing in Angola. ReconAfrica se president en uitvoerende hoof Brian Reinsborough sê uitslae by hulle Naingopo-eksplorasieboorput in PEL 73 ondersteun die moontlikheid van beduidende koolwaterstofpotensiaal in die Damara-vougordel.