Newspaper Cup eindstryde vanmiddag beslisApril 21, 2025
Die gewilde onder-20 Nedbank Namibian Newspaper Cup, waarin die streke meeding in sokker en netbal, kom vanmiddag tot ‘n einde op Outjo. In die finaal van die sokker-toernooi kom Kavango-Wes teen Kunene te staan, na hul onderskeidelik Oshana en Karas in die semifinale geklop het. In die netbal-afdeling het Kavango-Oos die verdedigende kampioen Khomas 30-21 in hul semifinaal gewen. Kavango-Oos sal in die eindstryd meeding teen Omaheke, wat Ohangwena 22-17 in die semifinaal verslaan het.