Chinese lugredery stuur ‘te duur’ Boeing terug na VSAApril 21, 2025
Die terugsending van ‘n Boeing-vliegtuig vanuit China na Amerika word toegeskryf aan die handelsoorlog tussen die twee ekonomiese reuse. Die 737 MAX was bedoel vir aflewering aan die Chinese lugredery Xiamen, maar is teruggestuur na Seattle waar dit gister ná ‘n retoervlug van agtduisend-kilometer geland het. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging van ‘n tarief van 145-persent op Chinese invoere is gevolg deur Beijing se heffing van 125-persent op Amerikaanse goedere. Dit beteken dat ‘n Chinese lugdiens wat ontvangs neem van ‘n Boeing ter waarde van 1,035-miljard Namibiese dollar, verlam word deur die tariewe.