Brandstoftenkwa ontplof glo op B6, oos van Hosea Kutako lughaweApril 21, 2025

‘n Brandstoftenkwa het volgens berigte laat gisteraand sowat 30 kilometer oos van die Hosea Kutako Internasionale Lughawe op die B6-pad ontplof. Die nasionale uitsaaier berig dat geen sterftes gerapporteer is nie. Inligting is nog skraps en Kosmos 94.1 Nuus gaan voort om bevestiging by die owerhede te probeer kry. Dit is ‘n ontwikkelende storie.