Sokker: Sundowns gereed vir CAF halfeindstryd teen Al AhlyApril 19, 2025
Mamelodi Sundowns kom vandag teen die verdedigende kampioene Al Ahly te staan in die Afrikabeker-kampioenskap se eerste halfeindronde kragmeting op Loftus Versfeld. Die skeidsregter is Omar Artan van Somalië. Dit is die twee spanne se 17de kragmeting en die onderskeie spanne het dit al elk vyf keer gewen. Sundowns, wat die afgelope sewe wedstryde onoorwonne teen Ahly was, mik na hulle derde eindstryd. Afskop is om drieuur.