Ruacana sit groot skop in kragnetwerkApril 19, 2025

Die hidrokragstasie by Ruacana het in die eerste twee maande van vanjaar sowat 84 persent van Namibië se elektrisiteit opgewek, toon die jongste statistiek. Dit het die land se kraginvoere met sowat 40 persent verminder. Danksy goeie reën is dit ‘n reuse-omwenteling van die tydperk van Junie tot November verlede jaar, toe plaaslike kragbronne in minder as 35 persent van Namibië se elektrisiteitsvraag kon voorsien het.