Vloedwaarskuwings vir Oranje-oewergemeenskappe uitgereik May 7, 2025
Daar is 2 943 kubieke meter water per sekonde op pad na die Benede-Oranje met sluise wat by die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdamme getrek is. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê Blouputs staan tans op 6,19 meter en Sendelingsdrif is op 5,86 meter. Gemeenskappe is reeds gewaarsku om die nodige maatreëls te tref. Die pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund sal ook na verwagting vandag sluit tot Vrydag. Die diens sê verder in die noorde oorstroom die Zambezi-vloedvlaktes met die rivier op 5,5 meter. Die Okavango vloei by Rundu op 6,78 meter. Die Kunene het afgeneem by Ruacana en vloei tans teen 771,5 kubieke meter per sekonde.