NNN besoek vloedkampe in NoordeApril 19, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal vandag die hervestigingsentrums vir vloedslagoffers in die Ohangwena-, Oshana- en Omusati-streke besoek. Dit volg op onlangse oorstromings wat talle gemeenskappe in die Noorde ontwortel het. Volgens die presidensie wil Nandi-Ndaitwah haar vereenselwig met die toestande van die sentrums, die verspreiding van humanitêre hulp en die doeltreffendheid van huidige noodlenings- en herstelinisiatiewe.