KZN bly op hoë gereedheidsgrondslag April 19, 2025

Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ná ‘n Vlak 5-waarskuwing vir swaar reën en moontlike sneeu oor die Paasnaweek. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ontwrigtende toestande, insluitend vloede en skade aan infrastruktuur. Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake se woordvoerder, Senzelwe Mzila, het herhaal dat inwoners die weerstoestande moet dophou en reise wat nie noodsaaklik is nie, moet vermy.