DA frons oor leë handelsposteApril 19, 2025
Die DA het kommer uitgespreek oor die 30 handelsbeampteposte by Suid-Afrikaanse ambassades en missies in die buiteland wat sedert Desember 2023 nie gevul is nie. Die handelsbeamptes is verantwoordelik vir die bevordering van regstreekse buitelandse belegging in die land. Die DA doen ‘n beroep op die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om die hersieningsproses af te handel en dringend gekwalifiseerde persone aan te stel. Die party voeg by hierdie rolle moet gevul word deur individue wat Suid-Afrika se ekonomiese landskap verstaan, geleenthede kan identifiseer en bewyse kan lewer dat hulle ervaring het om beleggings te lok.