Fokina klop Rublev by Barcelona Ope na 6de probeerslagApril 18, 2025

Tennis: Alejandro Davidovich Fokina het wêreld nommer agt, Andrey Rublev, met 7-5, 6-4 geklop om die kwarteindronde van die Barcelona Ope te haal. Die Spanjaard kon die Rus nog nooit klop nie, maar het uiteindelik met sy sesde poging in skoon stelle geseëvier. Davidovich Fokina, wat in die halfeindronde by die Monte Carlo-meesterstoernooi gespeel het, het drie keer gebreek in ’n wisselvallige eerste stel, met Rublev wat twee keer teruggebreek het. Vroeër het Jaume Munar van Spanje 7-5, 6-4 teen Karen Khachanov verloor. Khachanov kom volgende teen Davidovich Fokina te staan.