Eben Etzebeth terug, voer Sharks aan teen EdinburghApril 18, 2025

Rugby: Die Springbokslot Eben Etzebeth sal die Sharks vanaand in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Edinburgh aanvoer in sy eerste wedstryd terug ná ‘n lang afwesigheid. Etzebeth was op die krukkelys nadat hy op 7 Desember in die Kampioenebeker-kragmeting teen die Exeter Chiefs harsingskudding opgedoen het. Lukhanyo Am en Aphelele Fassi is ook in die beginspan ingesluit, met Grant Williams op die plaasvervangersbank. Die Lions is môre op Ellispark die gashere vir Benetton, waarna die Stormers Connacht in Kaapstad pak. Die Bulls speel môreaand op hul tuisveld teen die Ierse span Munster.