Borgtog-verhoor in Sheehama-moordsaak weer uitgestelApril 18, 2025
Die borgtog-verhoor van ses van die sewe beskuldigdes in die Joseph Sheehama-moordsaak is na 29 April uitgestel. Hulle het Donderdag in die Walvisbaai landdroshof voor landdros Rosalia Andima verskyn. Die ses sluit in Sheehama se meisie, Jessica Gaes, en haar broer Jimmy Gaeb. Nog ‘n beskuldigde, Michael Awaseb, sal op 13 Mei weer in die hof verskyn. Die sewe beskuldigdes is in Augustus 2024 in hegtenis geneem, na Sheehama se lyk op 21 Julie by Onafhanklikheidstrand in Walvisbaai ontdek is, ‘n week nadat hy vermis geraak het. Sheehama het na bewering sy ma, Lydia Amungenga, gebel op die dag toe hy verdwyn het, maar sy kon nie verstaan wat hy sê nie. Sy het gedink dat hy onder die invloed van alkohol was, en het die oproep beëindig. Sy het hom nooit weer lewendig gesien nie.