Adjunk-polisiehoof se seun skiet twee by Florida-universiteit doodApril 18, 2025

Die seun van ’n adjunk-polisiehoof van Florida, Amerika, het gister twee mense by die Florida State-universiteit doodgeskiet en vier gewond. Die aanvaller is deur die polisie gewond en word in ‘n hospitaal behandel. Hy het volgens die polisie alleen opgetree en die motief is nie bekend nie. Die seun ma is die adjunk-polisiehoof van Leon County. Hy het haar persoonlike handwapen gebruik, wat voorheen haar dienswapen was, maar wat sy intussen oorgekoop het.