Twee Oseane-marathon se toekoms in gedrangApril 17, 2025

Padwedlope: Kaapstad se mees ikoniese wedloop, die Twee Oseane-marathon, se einde is moontlik in sig. Dit volg nadat die Stad Kaapstad sy ondersteuning onttrek het weens permit-oortredings. Die metro het twee permitte uitgereik vir die wedlope van die vyfde en sesde van die maand: een vir 14 000 atlete vir die ultra-marathon oor 56-kilometer, en een vir 17 000 vir die halfmarathon oor 21-kilometer. Volgens die metro het die organiseerders 20 600 atlete toegelaat vir die ultra-marathon en 17 677 vir die halfmarathon. Die organiseerders sê hulle raadpleeg hul prokureurs.