Tsurenko van Oekraïne vat WTA hof toe oor ‘mishandeling’April 17, 2025

Tennis: Lesia Tsurenko van Oekraïne sê sy doen regstappe teen die Wêreld Vrouetennisvereniging vir beweerde mishandeling. In ’n plasing op X het die 35-jarige bewerings gemaak teen ’n naamlose uitvoerende beampte van die vrouetoer. Die wêreld nommer 88 het die beampte van geestelike mishandeling beskuldig en gesê dit het daartoe gelei dat sy angsaanvalle gekry het, wat haar loopbaan belemmer het. Sy beweer sy het geen ondersteuning van die WTA ontvang nadat sy die mishandeling aangemeld het nie. Tsurenko sê die enigste manier om haarself te verdedig, is om geregtigheid in die hof te kry.