TotalEnergies se konsultasies in Whk volgende weekApril 17, 2025
TotalEnergies sal volgende week Dinsdag en Woensdag openbare konsultasies oor sy olieprojek by sy Venus-eksplorasiegebied in die hoofstad hou. Dinsdag se geleentheid vind by Franse-Namibiese-kultuursentrum plaas met Woensdag se vergadering wat by die VN Plaza plaasvind. Die maatskappy het Urban Dynamics aangestel om die omgewingsimpakstudie uit te voer. TotalEnergies sal 150 000 vate olie daagliks aflandig in die Oranje-bekken produseer, in die eerste fase van die Venus-ontwikkeling.