Roots by Stampriet se hoenderabattoir ten volle deur Vortex gekoopApril 17, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie het die Vortex Holdings Namibia se verkryging van die oorblywende belang van 50 persent in Roots Abattoir Enterprises, ‘n hoender-verwerkingsonderneming, goedgekeur. Die kommissie het bevind dat dit nie mededinging in die mark negatief sal beïnvloed nie, aangesien die ondernemings in verskillende markte werk en nie werksverliese tot gevolg sal hê nie. Die ooreenkoms sal na verwagting werkskepping moontlik stimuleer, deur verhoogde produksie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder.