Regter sê daar’s gronde vir minagting-klates teen Trump-amptenareApril 17, 2025

‘n Federale regter het beslis dat daar ‘n waarskynlike oorsaak is om Trump-amptenare van minagting van die hof aan te kla. Dit is vir die oortreding van sy tydelike bevel wat die gebruik van die oorlogstydse buitelandse vyande-wet verbied het om beweerde Venezolaanse bendelede te deporteer. Distriksregter James Boasberg het gewaarsku dat hy die saak vir vervolging kan verwys as die administrasie nie sy minagting “suiwer” nie. Boasberg sê die administrasie kan dit vermy deur mense wat na die berugte Cecot-gevangenis in El Salvador gestuur is, te laat terugkeer.