Oranjerivier nou op 3m by Sendelingsdrif, Zambezi stygApril 17, 2025

Die Zambezirivier by Katima Mulilo styg steeds en is op 4,95 meter gemeet. Dit is baie hoër as die 1,36 meter op dieselfde tyd verlede jaar. Die Okavango het by Rundu effe afgeneem vanaf 7,67 meter na 7,64 meter, teenoor verlede jaar se 5,76 meter. Die Kunene styg ook weer en vloei by Ruacana teen 940,80 kubieke meter per sekonde. Die benede-Oranje het skerp gestyg en het by Blouputs 2,60 meter aangeteken, terwyl dit by Sendelingsdrif teen 3 meter hoog vloei. Die ishanas in die noorde kry ook steeds invloei.