NaCC sê oor bewareas en toerisme-ooreenkomsteApril 17, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie het ‘n verklaring uitgereik oor die kwessie van eksklusiewe ooreenkomste tussen toerisme maatskappye en bewareas. Hy sê na sy aanvanklike samesprekings met omgewingsministerie sal verdere konsultasies plaasvind. Die lynministerie sal ook ‘n verslag aan hom voorlê waarin die geskiedenis en regulasies rondom kommunale bewareas uiteengesit word om ‘n gesamentlike pad vorentoe te skep. Maar hy voeg by dat sy sienings dat die aard van die ooreenkomste mededinging smoor, steeds staan. Indien daar geen konsensus is nie, behou hy sy regte voor om die gedrag verder te ondersoek.