James Webb-teleskoop bevestig biologiese prosesse op planeetApril 17, 2025
In ‘n potensiële landmerk-ontdekking het wetenskaplikes wat die James Webb-ruimteteleskoop gebruik, die sterkste tekens nog van moontlike lewe buite ons sonnestelsel ontdek. Die twee gasse – dimetielsulfied, of DMS, en dimetieldisulfied, of DMDS wat op Aarde slegs deur biologiese prosesse soos in plankton, geproduseer word is op die planeet K2-18b bevestig. Dit dui daarop dat die planeet wemel van mikrobiese lewe, volgens die navorsers. Hulle het egter beklemtoon dat hulle nie die ontdekking van werklike lewende organismes aankondig nie, maar eerder ‘n moontlike biohandtekening. Hulle het nietemin opgewondenheid uitgespreek.