Gronddispuut vlam op by teeplantasie in KeniaApril 17, 2025

‘n Dispuut tussen ‘n teeplantasie in Britse besit en ‘n plaaslike gemeenskap in die weste van Kenia is besig om te vererger. Meer as 100 inwoners beset 140 hektaar grond op die Sitoi-landgoed, pluk tee en woon in modderhutte terwyl hulle hul beeste daar wei. Hulle sê die grond is in 1986 deur Eastern Produce Kenya aan hulle geskenk maar die maatskappy sê net 82 hektaar is geskenk en nie 550 hektaar nie. Inwoners sê dis hulle voorvaderlike grond. Die bedryfsgroep sê in ‘n verklaring dat misdadige bendes agter die “Zimbabwe-agtige onwettige grondinval” van Sitoi sit.