Eerste minister spreek NV toeApril 17, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare het sy nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer. Hy het sy politieke reis as jeugaktivis begin. Ngurare is in 2015 uit Swapo geskop saam met AR-leier Job Amupanda, Dimbulukeni Nauyoma en George Kambala, oor wat die destydse sekretaris -generaal Nangolo Mbumba onversoenbare gedrag genoem het. Sy politieke loopbaan is deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah laat herleef. Ngurare is aan die woord.