Boewe tonnel deur betonmuur vir US$10m se juweleApril 17, 2025

Inbrekers het deur ‘n betonmuur getonnel om toegang tot ‘n Los Angeles-juwelierswinkel te kry, en weggekom met minstens 10 miljoen Amerikaanse dollar se horlosies, hangertjies, goue kettings en ander goedere. Die eienaar sê egter die totale waarde van die gesteelde juweliersware is nader aan 20 miljoen dollar. Volgens die stad se polisiedepartement het die rooftog omstreeks half-tien Sondagaand by Love Jewels op Broadway in die hartjie van die stadsentrum plaasgevind. Ondersoekers gaan steeds beeldmateriaal van sekuriteitskamera na wat wys hoe die verdagtes die winkel binnekom deur ‘n groot gat wat hulle van die eiendom langsaan geboor het.