Bipa-kwytskelding en voordelige eienaarskap loop saamApril 17, 2025
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram verleng tot 30 September. Bipa sê dit strook met sy voortgesette pogings om nakoming in die sakegemeenskap te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Ockert Jansen van die owerheid gesels. Voordelige eienaarskap sal verklaar moet word vir kwytskelding.
Die verklaring van voordelige eienaarskap is nodig as deel van die maatreëls om die land van die gryslys af te kry.