Behoefte aan nuwe markte onderstreep te midde van Trump-tarieweApril 17, 2025
Trump se handelstariewe het die Agoa-voordele vir Afrika-lande soos Suid-Afrika en Lesotho feitlik beëindig, terwyl Namibië minder geraak is weens laer uitvoere na die VSA. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Kobus Laubscher, ‘n Suid-Afrikaanse landbou ekonoom oor die impak gesels.
Hy het die feit beklemtoon dat departemente in die streek moet saamwerk aan ‘n strategie om nuwe marke te ontgin.