B2Gold staan by by sianiedstorting naby OtjiwarongoApril 17, 2025
Die sianied wat vanoggend gestort is, was bestem vir B2Gold. Dit is veroorsaak deur ‘n ongeluk van voor tussen twee vragmotors vroeg vanoggend met die sianied wat vanaf Walvisbaai na die Otjikoto-myn vervoer is. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. B2Gold se algemene bestuurder Eric Barnard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.