Amupanda oorweeg klagtes na spotprent oor hom wat slaap in NVApril 17, 2025

Die Engelse dagblad The Namibian, berig vanoggend dat die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda dit oorweeg om die media-ombud te nader oor ‘n spotprent wat in die koerant gepubliseer is. Dit handel oor Amupanda wat blykbaar geslaap het tydens ‘n sessie in die Nasionale Vergadering wat hy ten sterkste ontken. ‘n Foto is wyd op sosiale media gedeel en ‘n spotprent is toe in die dagblad gepubliseer. Ombud John Nakuta het bevestig hy is deur Amupanda genader. Nakuta sê die prosedures om ‘n klag te lê is aan hom verduidelik.