Selma keer terug na Mej. Wêreld April 16, 2025
Mej. Namibië 2018, die model Selma Kamanya, het destyds haar frustrasie uitgespreek omdat sy min of geen finansiële steun van die Mej. Namibië-organisasie gekry het nie. Sy moes die meeste van haar uitrustings vir die Mej. Heelal-kompetisie self finansier. Nou beplan sy ‘n terugkeer na die wêreld-verhoog, om in die Mej. Wêreld 2025 te kompeteer onder die Mej. Nie-regeringsorganisies-vaandel. Kosmos 94.1 Nuus het met Kamanya gesels.